4 Lines Sport Coaching Bedienings Aksieplan
Visie
“Bemagtig afrigters deur opleiding en mentorskap om hul volle potensiaal te verwesenlik op die sportveld en in die lewe”

Missie
• Rig gewone waardes en beginsels af wat buitengewone resultate lewer.
• Skep meer geleenthede vir sportdeelname (formeel en informeel) vir spelers deur bemiddeling van leiers in gemeenskappe met maatskaplike en sosio-ekonomiese uitdagings
• Vestig volhoubare sport ontwikkelingssisteme deur volg van ʼn holistiese benadering waar individue en spanne ontwikkel word o.l.v. bekwame afrigters op fisiese, emosionele en geestelike vlak
• Deel beginsels om tegniese, taktiese en lewensvaardighede van spelers en spanne te verbeter.

4 Lines Sports Coaching is reeds sedert 2010 betrokke by gemeenskaps- en sportontwikkeling en funksioneer sedert 2015, as ‘n projek van Helderberg Uitreik. 4 Lines is hoofsaaklik betrokke in minder gegoede gemeenskappe op die platteland, waar die behoefte groot is, maar hulpbronne en kennis meestal beperk is.

Probleemstelling:
Ons land en veral die jongmense van ons land beleef tans baie uitdagings en baie van hulle leef in moeilike sosio-ekonomiese omstandighede, dikwels sonder hoop en rigting. Ons glo goeie leiers en mentors is onontbeerlik om hierdie jongmense te help om nie net hul uitdagings die hoof te bied nie, maar ook om hul identiteit en hul potensiaal te ontdek en te ontwikkel.

Ons is oortuig daarvan dat sport ‘n baie effektiewe medium is en kan wees om individue en gemeenskappe te bemagtig en toe te rus met die nodige vaardighede vir sukses op die sportveld en in die lewe. Verder kan sport ‘n baie effektiewe brugbouer wees tussen mense en gemeenskappe en en ook om ruimtes te skep waar individue hul Identiteit in Christus kan ontdek. Ons besef en beleef daagliks hoe strategies afrigters/leiers is in die proses om potensiaal te ontsluit in en deur sport. Die oogmerk van 4 Lines Sports Coaching is om te belê in afrigters en leiers wat dan belê in hul spanne en gemeenskappe.

“Jy dan my seun wees sterk in die genade wat ons in Christus Jesus het. Wat jy my voor baie getuies hoor verkondig het, moet jy toevertrou aan betroubare manne wat bekwaam sal wees om dit ook aan ander te leer.” 2 Timotius 2:1-2

Intervensie:
Afrigters en gemeenskapsleiers is strategies geplaas en kan deur die volg van ‘n holistiese, waarde-gebaseerde benadering 'n beduidende invloed in die lewens van spelers te hê, mits hul intensioneel is met dit wat hulle afrig en modelleer. Benewens die fisieke, emosionele en geestelike ontwikkeling van individue en gemeenskappe, skep sportdeelname ook geleenthede vir die kweek van ‘n gesonde lewensstyl en belangrike lewensvaardighede.

4 Lines rus afrigters toe en ondersteun hulle d.m.v. die “TEAM” beginsel, wat onder meer die volgende:

4 Lines is tans betrokke by gemeenskappe, skole en kerke in onder meer die Helderbergkom, Stellenbosch, Paarl, Grabouw, Piketberg, Ceres, die Koue Bokkeveld en onderneem ook van tyd tot tyd kort termyn uitreike.Die hooffokus (80%) van 4 Lines se werk is op gemeenskaps- en sportontwikkeling en (20%) op opleiding en ander konsultasie werk aan Hoër onderwysinstansies, klubs, skole, individue en ander instansies in die sport industrie.

4 Lines fokus daarop om afrigters en leiers in gemeenskappe te bemagtig en die pad saam met hulle te loop. Om beywer ons daarvoor om deur die deel van kennis, ervaring en passie die leiers te help om uiteindelik so effektief te wees dat nie meer afhanklik is van die hulp instansies soos 4 Lines nie.

Huidige betrokkendheid en fokus:
1. REP (Raeda enim potenta - Coaching 4 potential) projek fokus op mentorskap van afrigters en gemeenskapsleiers
Rasionaal: Inbou in die lewens van gemeenskaps- en amateur afrigters
Metodiek: Koffie afsprake, praktiese raad en insette en beskikbaarstelling van hulpbronne
Meetbaarheid: Meer intensionele en waardegebaseerde impak as afrigters
Een jaar doelwit: Mentor van 10 afrigters deur die jaar (ontmoet 2 maandeliks)

2. Maandelikse afrigtingsforum en jaarlikse 4 Lines Seminaar
Rasionaal: Veilige ruimte waar afrigters kan deel, bemoedig en bemagtig word
Metodiek: Maandelikse ontbyt waar spreker relevante onderwerp toelig met verdere groepsbespreking
Meetbaarheid: Wees profetiese stem in sportwêreld en verhoog effektiwiteit van afrigters
Een jaar doelwit: 10 Afrigigtingsforums per jaar, 2 seminare en/of werkswinkels per jaar

3. Vestiging van volhoubare sportontwikkelings sisteme (Gemeenskapsgerig, skole/klubs en plase)
Rasionaal: Skep kapasiteit by leiers en gemeenskappe om volhoubare sisteme te vestig
Metodiek: Betrokkenheid by geselekteerde gemeenskappe deur leiers en gemeenskap te bemagtig d.m.v. die TEAM beginsel
Meetbaarheid: Lang termyn doelwit: Gemeenskappe waar sport sinvol beoefen kan word met minimum afhanklikheid van buite hulp/skenkings
Een jaar doelwit: Betrokkenheid by 4 gemeenskappe (Piketberg, Monteith, Macassar,Legacy en Strand en moontlik op Kaapse vlakte)

4. Championship toffies (Lewensvaardigehede in sport projek)
Rasionaal: Aanleer van lewensvaardigehede is essensieel vir sukses in sport en die lewe
Metodiek: Aanbied van werkswinkels, afrigtingsklinieke en verspreiding van materiaal
Meetbaarheid: Sportmanne en –vroue wat met goeie karakter optree op en van die veld af
Een jaar doelwit: Meesterhandleiding en 2 opleidingsgeleenthede per jaar

5. Plaaslike sport geleenthede (FUN Friday, afrigtingsklinieke en sportkampe)
Rasionaal: Bedien plaaslike gemeenskappe deur sport en afrigiting en sportbediening met behulp van vrywilligers. Fokus op genot, en bou verhoudings deur middel van spel en sport. Verspreiding van toerusting soos beskikbaar
Metodiek: Aanbied van afrigtingsklinieke deur vrywilligers (o.a. tieners) d.m.v. portuurgroep afrigting in gemeenskappe; betrokkenheid by sportkampe saam met vennote
Meetbaarheid: Bemagtiging en ondersteuning van plaaslike afrigters en gemeenskapsleiers
Een jaar doelwit: 24 linieke per jaar (moontlik deel van ander projekte)

6. Korttermyn uitreikgeleenthede (Nasionaal en internasionaal)
Rasionaal: Fokus op die ondersteuning en versterking van bestaande sportbedienings inisiatiewe en netwerkte – nasionaal en internasionaal (op uitnodigning)
Metodiek: Vennootskap met plaaslike bedienings en netwerke. Aanbied van afrigters opleiding, klinieke en kampe.Benut ander geleenthede tot diensbaarheid.
Meetbaarheid: Bemagtiging van plaaslike kerke en bedienings in en deur sport
Een jaar doelwit: Geskied op uitnodiging. Moontlike uitreik na Oekraìne in 2020

7. Ontwikkeling van materiaal en hulpbronne vir volhoubare sportontwikkeling
Rasionaal: Vertaal hulpbronne na “taal” van konteks in gemeenskappe met uitdagings
Metodiek: Ontwikkeling en aanpassing van bruikbare materiaal
Meetbaarheid: Toepassingsvaarwe van hulpbronne tot voordeel van gemeenskappe
Een jaar doelwit: Deurlopende proses

8. Opleiding en konsultasie werk in die sportindustrie op aanvraag*
*Detail op aanvraag beskibaar

Word ‘n vennoot in die werk van 4 Lines Sports Coaching:
Die werksaamhede van 4 Lines Sports Coaching word behartig deur ‘n klein groepie vrywilligers wat op ‘n deeltydse basis betrokke is by die werksaamhede en projekte van 4 Lines.
Strategiese vennote, donateurs en medewerkers word tans genader om deel te word van die werksaamsaamhede van 4 Lines Sports Coaching. Oorweeg dit asseblief om my vennoot te word in die uitvoering van hierdie.
Kontak ons gerus indien u meer inligting benodig oor die werksaamhede van 4 Lines Sports Coaching of oor hoe u betrokke kan raak.
Groete.
Hendré Smit en Ilse Anthonissen

Boek gerus ons facebook bladsy by: /4 lines sports coaching

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri