“Selfs Covid-19 en ‘n totale lockdown in Indië kan haar nie in haar werk stuit nie”. Helderberg Uitreik se “Colours of India” projek is in April 2020 registreer met ‘n Suid-Afrikaanse vrou, oorspronklik van die Strand, as werker. Louisa XXX werk vreesloos en Geesvervuld om die Evangelie te verkondig. Sy loop ‘n dissipelmakende pad met mense en straal Sy liefde uit. Sy ondersteun veral weduwees en dogtertjies wat weens die kultuur uit die familiekringe uitgewerp word. Verder fokus sy op dissipelmaking, Woordverkondiging, en die voeding van siek en honger mense in die strate van haar dorp. Sy droom daarvan om ‘n sentrum op te rig waar die weduwees en die dogtertjies versorg kan word.
Hierdie projek is afhanklik van jou gebed vir beskerming, weens die feit dat vervolging ‘n werklikheid is in die area waar sy werksaam is. Die projek benodig ook finansiële ondersteuning om die lewens- en bedieningskostes van hierdie dapper vrou te dra.
Kontak asseblief die projekleier Mariana Crook vir meer inligting oor hoe jy betrokke kan raak.