'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

KidsXpress vier in 2021 ons 17de verjaarsdag! Toe KidsXpress in 2004 gestig is, het die Here aan ons die beeld gegee van die mosterdsaadjie, die kleinste saadsoort bekend in die Bybelse tyd.

Ons het besef dat ons klein begin, met net een gepubliseerde titel, maar dat die bediening sou groei om ‘n groot boom te word waaronder die kinders van Suid-Afrika skuiling kan vind.

Vandag kyk ons terug oor 17 jaar en meer as 40 titels wat kinders help om die Evangelie te leef, waarvan baie ook na Engels vertaal is, asook ‘n Xhosa kleuterreeks wat die Goeie Nuus van Jesus verkondig.

KidsXpress se nuutste reeks is “Ons Koning Kom”. Hier is Minette Krog van die Truth2kids-projek se indrukke van Ons Koning kom: “Kinders word op hulle vlak begelei om die breër verband te verstaan tussen gebeure in die Ou Testament en Nuwe Testament, en so die groter prentjie van God se plan raak te sien. Hulle kan opgewonde ontdek hoe God se beloftes, wat deur die profete voorspel is, honderde jare later waar geword het met die koms van Koning Jesus. Hulle leer dan hierdie Koning ken as dié Een wat gekom het om te dien, ons te red en die Oorwinnaar is.”>>

Die afgelope week se Kinderpinkster in Helderberg Gemeente het ook “Ons Koning Kom” aangebied en meer as 80 opgewonde kinders het die byeenkomste bygewoon. Hier is ‘n saamgestelde foto van Lizl Botha en van die kinders wat dit bygewoon het.

Hoe gaan dit op die oomblik met KidsXpress? As projek was 2020 uiters moeilik met feitlik geen verspreiding van ons materiaal nie. Wat ek net weer besef het uit die getuienis van die kinders wat die week Kinderpinkster kon bywoon, is dat daar steeds ‘n plek vir die skep van lesmateriaal vir kinderbediening is. Ons loof die Here vir sy getrouheid om KidsXpress te onderhou, ten spyte van die baie moeilike ekonomiese omstandighede. Die feit dat ons deel is van Helderberg Uitreik maak ‘n groot verskil en ons is dankbaar vir die finansiële, geestelike en emosionele ondersteuning wat ons ontvang.

Werner Schultz (KidsXpress)
Projekleier: Berthold Alheit

 

 

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri