'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Jaco Strydom is die leier van Echo Jeugontwikkeling ('n Organisasie sonder winsoogmerk met o.a. 13 huise vir jongmense in nood) en ‘n deeltydse predikant van Villieria Gemeente in Pretoria. Hy is ’n bekende spreker wat regoor die land optree en rubriekskrywer vir verskeie publikasies (o.a. Beeld, Rapport, Finesse en Kerkbode). Sy boeke “Confessions oor Kerkwees” is in 2018, en “Leef Lig” in 2021 gepubliseer.

Jaco het vir 'n tyd lank in Indië gewoon en was betrokke by verskeie projekte in Suid-Asië en Afrika. Een van Jaco se stokperdjies is roei en hy onderneem deur die jare 'n aantal solo-reise na afgeleë plekke met sy kajak. Hy is van die oortuiging dat gereelde afsondering in die natuur net so belangrik is as om in gemeenskap te lewe. Jaco het in Randburg gematrikuleer en gestudeer by die Noord-Wes Universiteit en die Universiteit van Pretoria.>>

Sien meer oor Jaco en sy bediening by https://www.echoyouth.co.za. Jaco begin Sondag met ons Pinksterreeks. Die deurkollekte vir Sondag gaan vir die ElizaYo projek.

Die Pinkster aanddienste is elke aand om 19:00 in die kerk. As jy die aanddiens mis of nie kans sien om in die aand uit te gaan, is daar die goeie nuus dat Jaco Strydom, die dienste elke oggend om 10:00 herhaal in die kerk.

Ons is opgewonde oor ons Kinderpinkster, “Ons Koning Kom”, wat ook Sondagoggend afskop in Talanja. Ons ontdek opnuut hoe die koms van Jesus lank terug reeds deur profete voorspel is. Vanaf Sondagaand sal daar registrasie wees van 19:40 en die koste is R50 vir die week. Wees lekker snoesig en kom sommer in jou slaapklere.

Om alles maklik te maak – kan jy vir die hele week se dienste op een plek bespreek. Kliek hier vir die skakel. En wat is Pinkster nou sonder eetgoed? Daar is vanaf 17:00 elke aand sop met ‘n rolletjie te koop, asook cappuccino’s en iets soets teen slegs R20. Sien ook die artikel oor Adele’s se etes (kliek hier) wat bestel kan word.

Moenie hierdie spesiale gemeente kuiertyd misloop nie – kom gerus na al die dienste en kuier lekker saam met ons.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri