Lydenstyd is ‘n belangrike tyd vir persoonlike groei vir Christene. Dit is ‘n tyd van stadiger lewensritme om jou nader aan God se wil vir jou lewe te bring. Ons Lydenstyd-reis bereik ‘n hoogtepunt tydens die laaste week voor Paassondag met Heilige Week of Groot Lydensweek.
Vir Groot Lydensweek word jy genooi na ‘n kort byeenkoms elke aand – Maandag, 29 Maart tot Donderdag, 1 April om 19:00 in die kerk. Die dienste is ryk aan simboliese handelinge met die fokus op Jesus se laaste dae voor sy kruisdood. Dit is nie nodig om vooraf daarvoor te bespreek nie.
Op Goeie Vrydag, 2 April, het ons ‘n nagmaaldiens om 8:00 en 10:00 in die kerk. Bespreek voor Donderdag, 1 April, om 12:00 vir die diens: https://forms.gle/789x4mubdqViZeRY7>>
Op Sondag, 4 April, vier ons fees omdat Jesus opgestaan het. Dit is die gewone Sondag dienste: 08:00, 10:00 en 19:00 in die kerk, asook om 9:00 ‘n Meditatiewe diens in die kapel. Dit is belangrik om teen Vrydag 2 April te bespreek vir die Sondagdienste: https://forms.gle/EjkWcwKB9u43pA5G9
Al die dienste word direk uitgesaai op ons YouTube-kanaal en webblad, asook ‘n voorafopgeneemde Huiskerk-video. Daar sal binnekort 'n aflaaidokument vir die kinders beskikbaar wees. Mag Paastyd vir elkeen ‘n tyd van stilte, nadenke en ook feesvier wees want Jesus leef – Hy het opgestaan!