We walk by faith not by sight – 2 Cor 5:7
(getuienisgeleentheid van 28 Februarie)

2020 het nuwe uitdagings gebring vir baie mense en so ook vir die George Fredericks skool op Merweville. Die Onderwys Departement kan nie in al hulle skoolbehoeftes voorsien nie en ander planne moet gemaak word om aan elke leerder skryfbehoeftes te gee. Gewoonlik het die kinders potloodsakkies en skryfbehoeftes gedeel omdat daar eenvoudig nie geld in die gemeenskap is om dit vir elkeen aan te koop nie.

Met Covid-19 wat oor ons toegesak het, het dit noodsaaklik geword dat elke leerder hulle eie potloodsakkies, skryfbehoeftes en sakrekenaars moet hê. Ons is dankbaar om te sê dat ons kon voorsien het in hulle behoeftes vir 2020. Nou staan ons in die begin van ‘n nuwe jaar en dieselfde behoeftes is weer daar. Ons wil ‘n beroep op ons gemeentelede doen om vir ons te help om die volgende behoeftes bymekaar te maak sodat elke leerder op ‘n veilige manier onderrig kan ontvang en met sy skool kurrikulum kan voort gaan.

Ons wil ook dankie sê vir elkeen wat alreeds bygedra het tot die projek. Dit word opreg waardeer. Met julle bydraes sterk julle ons hande om te kan voorsien daar waar daar niks is nie. Ons sal graag teen 21 Maart Merweville wil besoek om die voorraad te gaan aflaai.>>

Ons benodig dringend die volgende:
Sakrekenaars (waar ‘n vierkantswortel op uitgewerk kan word)
Pakkies gewone kleurpotloodkryte
Potloodsakkies (dit kan tweedehandse sakkies in goeie toestand ook wees)
Tweedehandse skooltasse (in goeie toestand)
Fotostaatpapier
Tweelaag toiletpapier
70% alkohol handsaniteermiddel
Pleisters, gaas, treksalf, Betadine (om valle reg te dokter)
Bybels (tweedehands, maar moet nog volledig wees)
Skoolklere:
Swart skoolskoene – meestal nr 13 tot nr 5
Skoolkouse (wit en grys)
Wit skoolhemde – kortmou of langmou
Maroen truie, “pull-overs” of windbreeker baadjies
Ander benodighede:
Tweedehandse handewasbak vir die voedingskema-kombuis en twee krane
Groot ketel wat mens op gas plate kan gebruik
Tweedehandse gordyne
Wol en breipenne, asook afval lappies en gare (die kinders – seuns en dogters – brei graag)

Julle kan die voorraad by die kerkkantoor aflaai, gemerk, Merweville Skoolprojek, of my kontak en ek kan dit kom afhaal. Baie dankie dat ons die vrymoedigheid het om dit van julle te kan vra.

Lizanne van Zyl (Projekleier)
082 899 6249
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri