Helderberg Gemeente maak erns met klassieke musiek – ook as deel van ons eredienste – en daarom is die onderhoud van ons kerkorrel vir ons belangrik. Ons is van die min gemeentes wat nog gekies het om daardie deel van musiek en aanbidding in eredienste te behou, uit te bou, en vernuwend te wees wat dit aanbetref: ons orrel speel natuurlik ‘n sleutelrol hierin. Daarmee saam ook die feit dat ons die wyer gemeenskap dien met klassieke musiekkonserte en terselfdertyd die Evangelie op hierdie wyse verkondig. Juis daarom is die orrel se onderhoud en herstel vir ons ‘n prioriteit.

Ons orrel is een van ons kerk se grootste bates met ‘n vervangingswaarde van om-en-by R9 miljoen en benodig nou dringende herstel en skoonmaak, wat sy bruikbaarheid tans grootliks beperk. Dit is dus hier waar ons jou hulp en vrygewigheid benodig.>>

Ons moet ‘n bedrag van R120 000 insamel en ontvang graag bydraes tot die orrelfonds om hierdie groot bate te herstel, maar asseblief nie ten koste van die kerk se dankoffers nie. Enige bedrag, maak nie saak hoe klein nie, maak 'n verskil.

Sodra die orrel volkome herstel is en inperkings rondom die Covid-pandemie gelig is, hou ons 'n groot konsert om al ons donateurs te bedank.

Inbetalings kan gemaak word na die volgende rekening:
Helderberg Gemeente bankbesonderhede
Bank: ABSA Bank, Somerset-Wes
Rek naam: NGK Helderberg
Tipe rek: Tjek rek
Rek nr: 2900 590094
Takkode: 632 005
Verwysing: Orrel

Kontak asb. vir Yolanda Botha (Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.) vir verdere inligting.

 

 

 

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri