'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

God roep gewone mense soos ek en jy om draers van Jesus se Hoop en Lig te wees in die wêreld in nood.

Ons nooi jou graag om in te skakel by die Uitreikfees op 14 Februarie om 9:30 by Helderberg Gemeente se YouTube-kanaal. Ds Strydom Bruwer is ons prediker.

Daar sal ook video’s van die projekte wees en jy kan kies waar en hoe jy graag betrokke wil raak.

Wat is ‘n geloofoffer? Dit is jou tyd, kundigheid, gebed en geld, wat jy bo en behalwe jou dankoffer (nie in plek daarvan nie) vir die Here wil gee, soos Sy Gees jou lei en dit waarmee Hy jou seën.

Neem ‘n tyd van stilte en gebed met God, lees rustig deur twee blaaie van die inligtingsblaadjie wat jy hier kan kry, voltooi dan die geloofoffervorm wat jy hier kry, en e-pos laasgenoemde aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. Daar is ook gedrukte inligtingsblaadjies en geloofoffervorms by die kerkkantoor beskikbaar.>>

Jy kan belastingverligting verkry met ‘n Art 18A sertifikaat vir geloofoffers vir die aangewese projekte, gemerk met ‘n *, sowel as vir die “Waar Behoefte Bestaanfonds” (merk WBB) van Helderberg UItreik. Hierdie is die steunfonds vir al die projekte. Bydraes vir Helderberg Uitreik se oorhoofse bestuurskostes kwalifiseer ook vir Art 18A. Merk asb “Bestuur” of “Admin”.

Vra asb jou Art 18A sertifikaat, met bewys van inbetaling aan by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Indien jy meer wil weet van ‘n projek, kyk gerus by https://www.nghelder.co.za/index.php/2016-01-19-13-40-27/helderberg-uitreik waar jy ook die projekleier se kontakbesonderhede sal vind.

Helderberg Uitreik se 38 projekte dra die Evangelie uit, verlig honger en nood, versorg mense deur mediese-, terapeutiese- en beradingsdienste, en is betrokke by die ontwikkeling van kleuters, kinders, asook tieners en volwassenes.

Dankie aan almal wat reeds betrokke is. Ons nooi jou om deel te wees van hierdie Heilige Gees geïnspireerde beweging. Die wêreld is honger om Jesus se liefde te sien en te ervaar.

Vir enige navrae, skakel gerus met Louise Theron by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 021-851 5582.

Bankbesonderhede en snapscan
ABSA Helderberg,
Rek nr 9114 483 080,
Takkode 632005
Merk asb watter projek ondersteun word.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri