Om te kan lees en skryf maak wêrelde oop vir almal. Daarom is dit so belangrik vir die Mosambiek Geletterdheidprojek om die kinders in die afgeleë bosgedeeltes in die noorde van Mosambiek, waar daar geen regeringskole is nie, te leer lees en skryf. Sodoende kry hulle ook toegang tot inligting, kennis en ook die Bybel. Alle onderwys vind op ‘n Christelike grondslag plaas met die Woord van God as basis.

Daar is tans 1 258 leerders ingeskryf by 7 bosskole in die Milange omgewing. Hierdie is skole wat nie deur die regering ondersteun word nie, maar ten volle deur die projek gedra word.

Die projek het ook ‘n kleuterskool op die terrein van die Gereformeerde Kerk van Mosambiek (IRM) in Milange. Die projek werk in noue samewerking met ons vennoot, die IRM. Tydens die inperking weens Covid-19, is die meeste bosskole gesluit, maar vind onderwys op verskeie elektroniese maniere plaas vir leerders wat toegang het daartoe. Die Mosambiekse regering het besluit om die skole weer in Maart 2021 te open.>>

Isaac Gama is die direkteur van die projek en koördineer die werksaamhede in Milange. Hy hou toesig oor die curriculum en die kwaliteit van die onderwys. Hy het ook hierdie jaar ‘n landbou-inisiatief begin om fondse te genereer om die onderwysers se salarisse te help betaal. Hy kon daarin slaag om een onderwyser by ‘n bosskool, asook ‘n onderwyser by die kleuterskool se salarisse te betaal, sowel as sy eie lewenskoste te dek. Die langtermynplan is om ten minste 50% van die onderwysers se salarisse self te genereer deur landboubedrywighede.

Die projek het ook ‘n kleuterskool met ‘n voltydse onderwyser in Quionga. Die skooltjie word deur André en Annemarie Thiart van die Makwe Missie bestuur. Die skool is ook tans gesluit weens die inperkings.

Mosambiek Geletterdheid maak ‘n langtermyn belegging in kinders se lewens en help hulle om tot onafhanklike volwassenes te groei. Jou bydrae en gebede is baie kosbaar en belangrik. Baie dankie aan die ondersteuners van Mosambiek Geletterdheid.

Gebedsversoeke: Die projek is dringend opsoek na ‘n projekleier wat die projek vanuit plaaslike geledere kan help koördineer. As jy belangstel of meer wil weet, kontak asb Louise Theron by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri