Die Wes-Kaapland Sinode het ‘n COVID-19-taakspan wat gereeld vir al die kerke inligting deurgee veral mbt die hou van dienste in die kerke. Hier is hul mees onlangste inligting: Die volgende regulasies is tans van toepassing. Vir meer inligting en relevante weergawes van die Staatskoerant, kliek hier.

Vanaf 12 Januarie 2021 geld die aandklokreël tussen saans om 21:00 (nege uur) en 05:00 soggens. Restaurante moet reeds om 20:00 sluit!
Begrafnisse is beperk tot 50 mense wat elkeen 1,5 meter van mekaar moet sit. Die byeenkoms mag nie langer as twee ure wees nie. Geen tee na die diens nie! [Sien Artikel 35(3)].

GEEN eredienste of ander geloofsgebaseerde byeenkomste nie [Sien Artikel 36(3)].>>

 Alkohol mag nie verkoop of vervoer of in openbare plekke gedrink word nie. Wynproe op wynplase is verbode [Sien Artikel 44]. Dit geld ook vir enige ander alkohol.

ALLE strande, damme, mere, riviere en openbare parke is gesluit. Staatskoerant 44066 verduidelik mooi wat ’n strand is.

Maskers moet ten alle tye in die openbaar gedra word.

Huwelike: Aangesien geloofsgebaseerde en alle sosiale byeenkomste onwettig is, moet aanvaar word dat trouseremonies (egpaar en gaste) onwettig is. Daar is takke van die Departement van Binnelandse Sake wat aandui dat huweliksbevestigers wel ’n huwelik kan voltrek. Slegs die huweliksbevestiger, die egpaar en twee getuies mag egter teenwoordig wees. Die huwelik sal eers later geregistreer kan word, aangesien die registrasie van huwelike by die Departement tans opgeskort is. Sien berig in Netwerk24 van 14 Januarie 2021 hier.

LET WEL: Huweliksbevestigers word ten sterkste aangeraai om by hulle plaaslike tak van die Departement van Binnelandse Sake (daar waar hulle lêer is) seker te maak van die spesifieke tak se interpretasie van die regulasies.

Skole: Skole open nou eers op Maandag 15 Februarie 2021.

 

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri