'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Kan julle glo dat ons dit tot 2021 gemaak het? Dankie Jesus!

Ek is seker ons het almal met die hoop geleef hier in ons binneste dat ons 2021 normaal sou kon afskop met skool toe gaan en deel te neem aan sport en weer kerk toe gaan….helaas het Covid ons steeds in sy greep!

Die een ding wat Covid ons almal geleer het, is om kreatief te dink en anders te werk en te bedien, en dankie tog vir tegnologie! Ons kon steeds verlede jaar voortgaan met aanlyn dienste vir die Kiddie- en Tekkiekerk, asook die bediening aan ons tieners.

Gemeentes en alle bedieninge is voor die uitdaging om saam met die res van die wêreld altyd vars en nuut te dink: Ons gaan vanaf volgende week, daagliks, vanaf Maandag tot Vrydag, ‘n kort video uitstuur vir die kinders met ‘n Bybelstorie of ‘n gedagte vir die dag. Sondae, sal die tema van die week dan saamgevat word in ‘n poppekas. Ons vertrou ons jong kinders sal dit baie geniet!>>

Ons wil graag ‘n drama-groepie gebruik vir die bediening aan die gr 4 – 6 kinders. Indien iemand hier wil help of betrokke raak, asseblief kontak ons sommer nou dadelik.

Ons sien steeds uit na wanneer ons almal, sonder beperkinge, weer kan kerk toe kom. Onthou: ons is kerk waar ons ons ookal mag bevind. Tot dan, sien ons mekaar op julle skerms.

Met wie kan ek gesels? Ons besef dat hierdie tyd vir ouers, kinders en families baie ontwrigtend, onseker en spanningsvol kan wees. Hulp is net ‘n oproep/Whatsapp/e-pos vêr.
Lizl by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 084 800 2764
Paul by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 082 374 9520

Die Beradingsentrum is ook beskikbaar vir enige gesprekke. Kontak Meagin by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 079 417 3863.

 

 

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri