Elke Sondag is daar 'n diens wat vooraf opgeneem is beskikbaar hieronder, klank en video (die liedere is regs van die video by untitled list):
Gedurende die skoolvakansie volg asseblief die lewendige uitsendings op
Helderberg Gemeente se YouTube-kanaal (dit word ook daarop gestoor)
Covid-19 Rampfonds - kliek hier vir meer
Jesus bring hoop
Liewe lidmaat van Helderberg
Ons ken van droogte en swaarkry in ons land en die woorde van Jesaja 35:1 is al dikwels in die verlede aangehaal: “Laat die woestyn en die dor land hulle verheug, laat die Araba juig en blom soos ‘n tulp.” (2020-vertaling). Covid-19 en die uitdagings daarmee saam, het ons in 2020 dikwels laat voel soos reisigers in ‘n woestyn en dor land. Kersfees wil ons herinner dat God ons raaksien op hierdie reis. Jesus het juis aarde toe gekom vir ‘n stukkende en onseker wêreld. Jesus is nie net die Verlosser van die wêreld nie. Hy is ook die Immanuel, God met ons. “Sy sal geboorte gee aan ‘n seun, en jy moet hom Jesus noem, want Hy sal sy volk van hulle sondes verlos. Dit het alles gebeur sodat wat die Here deur die profeet gesê het, vervul kon word: Kyk die maagd sal swanger word en ‘n seun in die wêreld bring en hulle sal hom Immanuel noem, wat as dit vertaal word beteken ‘God met ons.’” (Matt 1:21-23; 2020-vertaling).
Jesus is Immanuel (God met ons) in ‘n stukkende en onseker wêreld (Matt 1:23). Elke jaar met Kersfees is dit weer blomtyd in die woestyn, omdat Jesus ook na my en jou kom. Ons is elke jaar van voor af bly, omdat Hy vir ons wat vasval en magteloos kan voel oor die uitdagings om ons, nuwe lewe en nuwe krag gee. Dit is ook hoekom ons opgewonde kan raak oor Kersfees. Dis nie maar net ‘n mooi droom te midde van ‘n nagmerrie nie. Dis ‘n viering van God se groot genade en van hoop.>>
Op hierdie pad wat vir ons ook soms soos 'n woestyn kan voel, gee Hy vir ons aan mekaar as reisgenote, om mekaar op te help en aan te spoor. Dankie dat ons ook reisgenote by Helderberg Gemeente kan wees. Ons wil graag vir jou en jou familie ‘n geseënde Kerstyd toewens. Mag die Here julle seën met ’n somerkersfees vol vrede, vreugde en dankbaarheid.
Ons sien saam uit na 2021. Helderberg is ‘n gemeente van hoop, en die afgelope Sondag (13 Des) is dit weer bevestig met 23 jongmense wat belydenis van geloof afgelê het. Ons families en kinders is ‘n sterk groeipunt in ons gemeente. En juis daarom het ons ook ‘n nuwe jong leraar beroep wat ons hiermee kan help. Deur die baie uitreikprojekte kon ons hoop bring in ons gemeenskap en verder. Ons kon lidmate wat swaarkry versorg, al kon ons nie altyd fisies by hulle wees nie. Ons kon Jesus aanbid op kreatiewe maniere by die kerk en by ons huise. Ons weet nie hoe 2021 gaan lyk nie, maar ons weet dat Jesus as Immanuel met ons sal wees. Ons sien uit daarna om in 2021 weer ‘n gasvrye tuiste te wees vir gelowiges en soekendes. Mag ons saam in 2021 geïnspireer word deur God se drome vir ons en vir ons gemeenskap.
Geseënde Christusfees!
Danie (x2) en Paul
Tel: 021-851 5582
Noodnommer: 083 988 2003
epos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Dienste gaan nie gedurende die skoolvakansie voorafopgeneem word nie, maar gaan kyk asseblief die lewendige uitsendings op ons YouTube-kanaal
Wil jy nuus kry op WhatsApp, kliek op hierdie skakel met jou selfoon en word outomaties deel van die groep:
Bid saam met ons vir die volgende mense:
Cobus Malan – knievervanging, bid vir herstel
André de Wet – pulmonêre embolisme
Connie Botha – heupvervanging
Frieda Jordaan se seun, wat ook Ada Kellerman se broer is, is ernstig beseer in ‘n skietongeluk
Amaritha Meyer – rugoperasie, bid vir vinnige herstel
Jessie Marais – rugoperasie
Hannes Victor – herstel tuis
Esmirelda Beetge – bid vir spoedige herstel en volledige genesing
Karel Botha – operasie
Ronelle Foster – bid vir herstel na beenmurgoorplanting
Rehanna Nolte (16jr) – bid saam vir haar emosionele welstand
Geseënde Christusfees vir almal
Mense wat siek is met Covid-19 in hierdie tweede vlaag
Stop die verspreiding van Covid-19
Mense wat werk soek en wat hulle werk verloor het
Boere in nood
Moet ons vir jou bid? Laat weet ons asseblief by die kerkkantoor: 021-851 5582 of ontvangs@nghelder.co.za
12.16.2020 - 01.26.2021
Skoolvakansie
01.24.2021
Doop
01.27.2021
Skole open
02.02.2021 7:00 pm - 7:00 pm
Voogdevergadering
02.09.2021 7:00 pm - 7:00 pm
Wyke en omgeegroepleiers vergadering
02.14.2021
Biddag vir opvoeding en onderwys
02.14.2021
Helderberg Uitreikfees
02.17.2021
Aswoensdag
02.21.2021
Doop
02.28.2021
Nagmaal
Kliek asb op die skakel hieronder vir meer inligting oor die Covid-19 virus