'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Liewe Gemeentelede

In hierdie uitdagende tye wil ons graag steeds verantwoordelik optree. Met die tweede vlaag van infeksies wat drasties toeneem het die kerkraad besluit dat NG Helderberg eers in-persoon dienste vanaf komende Sondag 20 Desember sal staak.

Alle dienste sal lewendig uitgesaai (live stream) word en beplande dope sal voortgaan met naaste familie teenwoordig waar ekstra sorg geneem sal word met bestaande protokol.

Kom ons gaan voort om vir mekaar, die land en al sy mense te dra in gebed.

Top