'n Spesiale dankie vir ons lidmate se geduld en samewerking om vooraf te bevestig indien hulle 'n erediens wil bywoon. Ons is bewus daarvan dat dit nie vir almal moontlik is om via die aanlyn-skakels te bevestig of om altyd die kerkkantoor te bel nie. Ons wil graag almal steeds aanmoedig om asb. vooraf te bevestig, aangesien dit die verpligte Covid-19 intekenproses op 'n Sondag bespoedig.

Uit die afgelope weke se bywoningsgetalle het ons agtergekom dat daar nog heelwat lidmate is wat verkies om die aanlyn dienste te kyk. Daar is dus altyd genoeg plek by die verskillende eredienste en ons wil mense aanmoedig om kerk toe te kom al het jy nie vooraf bespreek nie. Daar sal vir jou 'n plekkie by die diens wees. Vir enige navrae kontak gerus die kerkkantoor (021-851 5582) of stuur e-pos aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Jy kan bespreek deur die kerkkantoor te skakel by 021-851 5582 of deur die skakels hieronder: 
• 08:00 Klassieke diens met meditatiewe momente in die Kapel: kliek hier
• 09:30 Informele diens in die kerk: kliek hier (kom kyk hoe mooi lyk die kerkruim nou)
• 19:00 Aandkerk in die Tent: kliek hier 

Onthou kinders (van alle ouderdomme) is welkom by die kinderdiens in Joppe (hulle hoef nie te bespreek nie) om 09:30.

Covid-regulasies geld steeds.

Top