Gloria! Jesus die grootste belofte
2020 was in verskeie opsigte 'n ongelooflike uitdagende jaar. Behalwe die impak op ons huis- en werkslewe, was dit ook 'n jaar waar medegelowiges hulle Godsdiens grootliks in isolasie moes beoefen. Maar in 'n tyd van hartseer, vrees en oënskynlike hopeloosheid kan ons as Christene altyd vashou aan die groot belofte, en dit is Jesus Christus.

Daarom is Helderberg Gemeente baie dankbaar dat ons wel die geleentheid het om hierdie jaar 'n Kerssangdiens te hou en Jesus se geboorte te vier – al is dit onder gereguleerde omstandighede. Kom sing saam met die Klassieke Klanke Koor en Orkes aan al die mooiste en bekendste kersliedere en verheug jou in ons Verlosser – Jesus Christus!

Ons nooi jou dus uit na een van twee geleenthede op Sondag 6 Desember om 09:30 of 19:00 en vra dat jy asb. vooraf 'n sitplek sal bespreek, aangesien ons getalle binne die gebou moet beperk.

Bespreek via die volgende skakel: https://forms.gle/UZbnVUzahEXTdr1d8 of skakel die kerkkantoor by 021-851 5582

Top