Die Aanbiddingspan nooi jou om Saterdag, saam by die Here se voete te kom sit. Ons wil stil word en by die Here hoor wat Hy oor 2021 vir Helderberg wil sê. Ons gaan saam droom en dink oor preektemas, spesiale geleenthede op ons kerkkalender soos Paasfees, Hemelvaart, ens. Ons wil graag ‘n verskeidenheid gemeentelede wat die verskillende eredienste bywoon nooi sodat almal insette kan gee.

Registrasie is 8:00 – deur die dag gaan ons worship, saam bid, ietsie eet en eindig teen 15:00.

Laat weet asb vir Annette Botha by 072 189 9360 teen Donderdag 17:00

Top