• Dit is belangrik dat jy betyds jou kaartjie koop by Ontvangs en dit voor Sondag betaal en af haal.
• Daar sal tafels en stoele in die kuiertent in die Kapel parkering wees – bring asseblief jou eie piekniekmandjie met borde, eetgerei, glase en drinkgoed.
• Vir jou R30 kaartjie kry jy heerlike beesstert potjie en rys, asook roomys en sous – bring gerus ‘n slaai vir jou gesin.
• Ons kuier begin sommer al na die diens, maar die kos sal eers 12:00 gereed wees.
• Bring gerus iets vir jou kinders om aan te knibbel as hul vroeër gaan honger word. Daar sal ‘n speelarea en ‘n video vir die kleiner kinders wees.
• Onthou dat Covid regulasies geld en ons ‘n veilige afstand moet handhaaf en maskers moet dra.

Top