In biddende afhanklikheid van die Here adverteer ons die pos van voltydse leraar:

Vereistes
• Uitleef van die visie en waardes van die gemeente: “Leef met ‘n passie vir God en ‘n hart vir mense en ‘n wêreld in nood” (leerbaarheid; gasvryheid; deernis; en vertroue)
• Gelegitimeerde predikant van die NG of VG Kerk jonger as 35 jaar (5-10 jaar bedieningservaring).
• Geloofs- en emosionele volwasse persoon.
• Vermoë om in ‘n span te kan saamwerk.
• Vermoë om goeie verhoudinge te kan bou
• Sterk passie en aanvoeling vir gesinne en families.
• Goeie kommunikeerder.
• Kreatiewe- en innoverende denke oor bediening.
• Verwag dat persoon in die bedieningsarea van die gemeente woonagtig sal wees.>>

Aanlyn aansoekvorm: www.nghelder.co.za of https://forms.gle/XpTGTR5wR7fmTNvX7

Kliek hier vir die hele advertensie en kliek hier vir die werksbeskrywing

Vergoeding: Pakket, in lyn met Sinodale riglyn, op aanvraag beskikbaar (huissubsidie ingesluit)
Sluitingsdatum: 6 November 2020
Diensaanvaarding: 1’ste Kwartaal 2021

Navrae: Andre Westraat (082 339 7851 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Danie ‘O Kennedy (083 375 8441 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.)

Die gemeente behou haar die reg voor om ‘n beroeping uit te bring.

 

Top