Helderberg Gemeente help graag lidmate om hul kleinsake, dienste en produkte te bemark in die uitdagende ekonomiese tyd. Ook as jy werk soek, kan jy jou CV stuur en ons plaas ‘n kort profiel van jou.

Daar is twee opsies om gratis te adverteer of om te kyk of jy van hulle dienste of produkte gebruik kan maak: a) Op ons webblad onder Adverteerders: Helderberg Mark; b) of besoek en ‘like’ https://www.facebook.com/HelderbergGemeenteBesigheidsnetwerk. So leer ken en help ons mekaar. Indien jy sou belangstel, kontak Corneille Barnard by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. Ons sal dan vir jou meer inligting stuur.