Ons is opgewonde om vanaf 8 Oktober ‘n internasionale Christelike huweliksverrykingskursus hier by Helderberg Gemeente aan te bied. Hetsy julle nuut getroud is of al 40 jaar getroud is. Hetsy julle verhouding floreer of swaarkry. Hierdie kursus is vir julle.

Die fokus is op sewe verskillende temas insluitende: kommunikasie, hoe om mekaar se behoeftes te verstaan, hoe om konflik op te los, en nog baie meer. Die kursus word so gefasiliteer dat jy en jou geliefde alleen aan tafel sit, die eerste deel van die aand kyk julle saam na ‘n video en geniet ‘n piekniek/aandete. Daarna ontvang julle gesprekpunte wat julle self deurwerk in die veilige, romantiese omgewing wat ons gaan skep.

Kostes: R250 per paartjie vir sewe weke (2 joernale ingesluit)
Datums, tyd en plek: Die kursus word op Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00 by Helderberg Gemeente in die Tent aangebied op die volgende datums: 8 Oktober, 15 Oktober, 22 Oktober, 29 Oktober, 5 November, 12 November, 19 November.

Neem kennis:
• Weens die huidige Covid-19 regulasies mag ons nie kos voorsien, maar ons wil julle aanmoedig om ‘n lekker bederf piekniek mandjie te pak en saam te kom kuier hier by die kerk terwyl ons die ruimte skep vir julle om die kursus by te woon.
• Ongelukkig geen kinders.

Skryf in hier: https://forms.gle/x3Y7mWEZuqJMWqJK7 of kontak vir Meagin van der Westhuizen by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 079 417 3863

Top