Dit is lekker om die goeie nuus te deel oor die vordering met die veranderings in die kerkgebou en liturgiese ruimte. ‘n Groot deel van die verfwerk van die binneruim is voltooi en die terugvoer is net positief.

Die volgende groot veranderings was om die preekstoel uit te brei na ‘n baie meer bruikbare, funksionele en groot “preekverhoog” en in die woorde van Loutjie (wat dié deel van die projek soos ‘n meester bestuur): “Ons het werklik goed gevorder hierdie week en het gelukkig nie nuwe uitdagings gekry nie. Die vuilwerk is alles nou klaar en al die voorbereidingswerk vir die bouwerk is voltooi. Ons kom al nader aan ons preekverhoog!”

Die projekspan se mikpunt is om teen 1 November die bou, verf en oudiovisuele gedeelte van die projek klaar te hê. Dit sal ook die nuwe projektors en groot skerm insluit.

Top