Met die afgelope kerkraadsvergadering is goedkeuring verleen dat die gemeente se fasiliteite onder die vlak 2 regulasies gebruik mag word vir klein byeenkomste. Vir almal se veiligheid en respek teenoor mekaar word die Covid-veiligheidsregulasies streng toegepas.

Ons gee dan graag die volgende deur:
- ‘n Verskeidenheid YouTube eredienste word steeds weekliks aangebied en is beskikbaar op die gemeente se webblad, Facebook, YouTube-kanaal en word ook weekliks per WhatsApp uitgestuur. Ons moedig omgeegroepe, vriendekringe en wykslede/bure aan om saam na die eredienste te kyk. Op hierdie manier kan ons die gemeenskap van gelowiges versterk.
- Roudienste vind steeds plaas. Skakel vir Odette by die kerkkantoor (021-851 5582).>>

- Inry-radiodiens word eerste Sondag van die maand om 9:00 op die kerk se groot parkeerarea aangebied. Indien dit sou reën word dit uitgestel en sal verder gekommunikeer word.
- Vanaf 13 September word gefokusde dienste vir 30 persone in die Kapel aangebied. Dit sluit in persone wat eensaam is, wat iemand aan die dood afgestaan het, belydenis van geloof, doop of dalk ‘n omgeegroep wat die diens saam wil bywoon. Die geleenthede sal vooraf bekend gemaak word. Jy kan vir Odette kontak by die kerkkantoor of e-pos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..
- Tienerkerk vind plaas volgens graadgroep soos gekommunikeer deur die groepleiers.
- Voornemende doopouers kan vir Grazie by die kerkkantoor kontak of e-pos stuur aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. om vir ‘n doop te registreer en ‘n doopgesprek met die dominee te reël.
- Belydenis van geloof gaan vanaf Oktober plaasvind. Die registrasievorm is op die webblad beskikbaar (kliek hier) en kan aan Annette gestuur word by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..
- Fasiliteite word uitverhuur vir byeenkomste met ‘n maksimum van 50 persone. Skakel vir Odette by die kerkkantoor.
- Bedieningsvergaderings mag plaasvind waar persoonlike kontak absoluut noodsaaklik is. Zoom vergaderings bly steeds die normaal. Lokale moet vooraf bespreek word by Odette.

Kontaknommer van kerkkantoor is 021-851 5582 weeksdae tussen 9:00 en 13:00

Top