Goeie nuus vir boek-entoesiaste: ons Lekkeleeshoekie is oop en gereed vir besoeke tydens kantoorure (09:00 – 13:00). Gedurende die grendeltyd het ons die Lekkeleeshoekie meer toeganklik en verbruikersvriendelik gemaak – daar is selfs nou kinderboeke, DVD’s en CD’s beskikbaar. ‘n Groot dankie aan Avril Labuschagne, ons eie bibliotekaresse, vir die uitsorteer en instandhouding van ons Lekkeleeshoekie.

Baie dankie ook aan al ons lidmate wat vir ons help deur boeke te skenk. Onthou, moenie bekommerd wees oor die biblioteke wat nog gesluit is nie, kom besoek gerus ons eie gemeente se Biblioteek!
Vriendelike groete en hou aan lees.
Grazie

Top