Oop Deure
Waarheen sal jy nou graag wil reis? Ek is seker jy het ‘n paar droombestemmings. Kan ek jou vertel van iemand wat die reis der reise losgeslaan het. ‘n Bestemming soos nog nooit vantevore nie. ‘n Toer van ‘n leeftyd. Gelukkig het hy nie net gaan toer nie, maar sy belewenisse ook neergeskryf. Hoe klink ‘n toer na die hemel vir jou? Dit is waarheen die Heilige Gees die apostel Johannes genooi het – ‘n toer deur die hemel.

Johannes het die toer nodig gehad. Hy en die gelowiges van sy tyd het baie swaar gekry. Hulle het nodig gehad om iets meer te sien as hulle eie omstandighede – om die groter prentjie te sien. Daarom maak die Heilige Gees vir hom die deur van die hemel oop. Deurkollekte gaan vir Rampverligtingfonds.

Pinkstertyd
Ons as leraars van Helderberg Gemeente gaan, soos ‘n groot groep ander gemeentes, vanjaar se Pinkster-boodskappe uit die boek Openbaring via ons YouTube-kanaal aanbied. Dis asof die boek Openbaring juis vir 'n tyd soos hierdie geskryf is. In ‘n tyd van angs en onsekerheid bied Openbaring nie net troos nie, maar ook hoop.

Ons glo hierdie reeks kan die deur van hoop vir ons almal wyd oopmaak. Kom loop die pad saam. Daar is van Sondag tot Donderdag elke dag ‘n boodskap en dan vier ons volgende Sondag die hoogtepunt, Pinksterfees. Ons sien baie uit na die week se reis saam met jou. Baie dankie aan Coenie Burger wat die riglyne hiervoor opgestel het Sondag met die afskop van ons reeks gaan ons kyk na Openbaring 4 en 5. Ons tema is: ‘n Oop deur en ‘n heerlike uitsig!

Top