Baie dankie aan elke donateur wat dit vir die Covid-19-rampverligtingfonds moontlik maak om mense in hierdie tyd te help. Ongeveer R200 000 is al uitbetaal aan individue, klein besighede, organisasies en sopkombuise.

Die fonds is gemik op bewese Covid-19-nood en fokus op verlies aan inkomste en behoefte aan basiese lewensmiddele (kos en elektrisiteit) van die aansoeker of laasgenoemde se werknemers. Bydraes vir hierdie fonds kan gemaak word aan Helderberg Uitreik, ABSA Helderberg, reknr. 9114 483 080, takkode 632005, met die verwysing COVID-19 en jou naam. E-pos die bewys van betaling na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. as jy ’n Art 18A-sertifikaat vir belastingverligting wil hê.

Volg hierdie skakel om aansoek te doen: https://forms.gle/MdXWoEdxpAkHozC49.

Navrae en aansoeke: Chris Eagar Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Top