Onthou ons eredienste is elke Sondag beskikbaar op YouTube vanaf 08:00. Teken in op ons YouTube-kanaal en kry so elke keer ‘n kennisgewing van nuwe video’s kliek op hierdie skakel: https://www.youtube.com/channel/UChAVTuuZ0ewy6b_wy6PTZ1g
Dienste is vanaf 08:00 beskikbaar op 'n Sondag
Covid-19 Rampfonds - kliek hier vir meer
Die nuwe coronavirus (Covid-19) bied baie uitdagings, maar ook wonderlike geleenthede om as gemeenskap saam te staan en nie net die kwesbare en weerloses te beskerm nie, maar ook die hand uit te steek na diegene wie se ekonomiese bestaan bedreig word.
Verskillende bronne is dit eens dat baie mense gedurende en ná hierdie tydperk finansieel baie swaar gaan kry.
Covid-19 is deur pres. Cyril Ramaphosa as ’n ramp verklaar, en Helderberg Uitreik se Rampverligtingfonds wil graag Covid-19-verwante noodleniging bied aan individue en klein besighede.
Die fonds sal aanvanklik ’n maksimum van tot en met R10 000 per aansoek bewillig. Dit sal gemik wees op bewese Covid-19-nood en sal fokus op verlies aan inkomste en behoefte aan basiese lewensmiddele van die aansoeker of laasgenoemde se werknemers.>>
Die beskikbaarheid van hulpverlening sal afhanklik wees van die verkryging van bydraes uit die gemeenskap en word beperk tot beskikbare fondse ingewin vir hierdie doel. Geen bydrae is te klein nie en skenkings kwalifiseer vir ’n Artikel 18A-sertifikaat vir belastingverligting. Bydraes kan oorbetaal word aan Helderberg Uitreik, ABSA Helderberg, reknr. 9114 483 080, takkode 632005. Gee as verwysing “COVID + NAAM” en kontak Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. om jou sertifikaat te kry.
’n Covid-19 Rampfondskomitee sal aansoeke oorweeg aan die hand van kriteria wat in die aansoekvorm genoem word, onder meer dat aansoekers in die Helderbergkom moet woon, en finansiële state en ’n opsomming van die omstandighede en bewys van die direkte korrelasie van die behoefte met Covid-19 moet verskaf. Kontak Chris Eagar (Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.) vir ‘n vorm of kliek hier vir meer inligting.
Hulpverlening sal nie tot lidmate van Helderberg Gemeente beperk word nie. Projekte van Helderberg Gemeente kan ook vir bystand aansoek doen vir Covid-verwante hulpverlening aan bestaande begunstigdes. ‘n Klein persentasie van die fonds mag vir administratiewe kostes aangewend word.
The novel coronavirus (Covid-19) offers many challenges but also wonderful opportunities to unite as a community and not only protect the most vulnerable among us, but also to reach out to those whose livelihoods are being threatened.
Various sources agree that many people will suffer financially during and after this period.
Covid-19 has been declared a disaster by Pres Cyril Ramaphosa and Helderberg Outreach’s Disaster Relief Fund wants to offer Covid-19-related emergency relief to individuals and small businesses.
The fund will grant an initial maximum amount of up to R10 000 per application. This will be aimed at proven Covid-19 need and will focus on loss of income and the need for basic supplies, as indicated by the applicant or his/her employees.
The availability of emergency relief funds will depend on contributions from the community and will be limited to funds donated for this purpose. No contribution is too small. Donations qualify for an Article 18A certificate for tax relief. Contributions can be paid to Helderberg Uitreik, ABSA Helderberg, account number 9114 483 080, branch code 632005. Reference is “COVID + NAME”. Contact Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. for your certificate.
A Covid-19 Disaster Relief committee will consider applications, subject to the criteria indicated in the application form. These include that applicants must live in the Helderberg area, a means test, and an explanation of how the need is related to the situation caused by Covid-19. Contact Chris Eagar (Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.) for a form or click here for more information.
Assistance is not limited to members of Helderberg Church. Projects within the church may also apply for assistance for Covid-19-related needs of existing beneficiaries. A small percentage of the funds may be used to cover administrative costs.
Tel: 021-851 5582
Noodnommer: 083 988 2003
epos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Wil jy nuus kry op WhatsApp, kliek op hierdie skakel met jou selfoon en word outomaties deel van die groep:
Bid saam met ons vir die volgende mense:
Cobus Malan – knievervanging, bid vir herstel
André de Wet – pulmonêre embolisme
Connie Botha – heupvervanging
Frieda Jordaan se seun, wat ook Ada Kellerman se broer is, is ernstig beseer in ‘n skietongeluk
Esmirelda Beetge – bid vir spoedige herstel en volledige genesing
Ronelle Foster – bid vir herstel na beenmurgoorplanting
Rehanna Nolte (16jr) – bid saam vir haar emosionele welstand
Ons bid vir soveel mense in ons omgewing wat tans siek is en stoei met Covid-19.
Ons bid onder andere vir Freddie Kirsten (in hospitaal), Willie en Isabel Lubbe (besig om te herstel) en Baby Meyer (ernstig siek).
Ons is dankbaar saam met ‘n groot getal lidmate en vriende wat in hierdie tyd siek was met Covid-19 en weer besig is om te herstel of al gesond is.
Ons harte gaan uit na hulle wat geliefdes en vriende aan die dood afgestaan het.
Ons bid veral ook vir ons medici en hospitaalpersoneel wat onder baie druk die Covid-pasiënte versorg.
Dan dink ons ook aan al die begrafnisondernemers in hierdie tyd.
Rou:
Ons dink aan Pierre Malan wie se broer oorlede is.
Gert Loubser is oorlede, ons dink aan sy vrou Hessie en familie.
Bernie Dempers is oorlede, ons dink aan sy vrou Hettie en familie.
Ons dink aan Pieter Mans, sy pa is oorlede.
Ons dink ook aan Matie Visser wie se pa oorlede is.
Moet ons vir jou bid? Laat weet ons asseblief by die kerkkantoor: 021-851 5582 of ontvangs@nghelder.co.za
12.16.2020 - 01.26.2021
Skoolvakansie
01.24.2021
Doop
01.27.2021
Skole open
02.02.2021 7:00 pm - 7:00 pm
Voogdevergadering
02.09.2021 7:00 pm - 7:00 pm
Wyke en omgeegroepleiers vergadering
02.14.2021
Biddag vir opvoeding en onderwys
02.14.2021
Helderberg Uitreikfees
02.17.2021
Aswoensdag
02.21.2021
Doop
02.28.2021
Nagmaal
Kliek asb op die skakel hieronder vir meer inligting oor die Covid-19 virus