Ons passie is om enige persoon wat deur ‘n moeilike tyd gaan, emosioneel te ondersteun. Hoekom? “Want niemand behoort alleen deur ‘n krisis tyd te gaan nie…”, “Ek wil Jesus se lig laat skyn, vir almal.”

Wat beteken dit vir die beraders om deel van die sentrum te wees:
• “My betrokkenheid by die Beradingsentrum hou my op my knieë, biddend en voluit in Sy voetspore”
• “Ek beskou dit as ‘n absolute voorreg om vir ander beskikbaar te wees tydens hul swaarkry en moeilike tye. Dit is ‘n onbeskryflike seën om God se werking te beleef in en met mense”
• “Hierdie span beraders is ‘n geskenk uit die hemel. Om saam met hulle die Here te dien, en ander te help is ‘n voorreg”

Kontak ons enige tyd met navrae, as jy wil betrokke raak of as jy dit nodig het om met iemand te gesels.

Meagin

Top