Baie mense wonder oor die Heilige Gees. Baie mense vra vrae oor die Heilige Gees se werking. In sommige kerklike kringe word die Gees se werking heeltemal anders ervaar as in ander kringe. Vir sommige mense is die woorde wat Jesus aan Nikodemus in Johannes 3:8 ("Die wind waai waar hy wil") gee wonderlik bevrydend, maar vir ander skrikwekkend: is die teken van die Heilige Gees se werking dat ek heeltemal onderste-bo en van my voete afgewaai word?

Wat belangrik is om te weet, is dat die Heilige Gees ons Trooster is, maar ook die een is wat ons somtyds uitdaag na baie ongemaklike plekke (binne-kant onsself en buite-kant onsself) om juis weg te beweeg van valse vertroostinge. Kom vind Sondag meer hieroor uit...

Top