Oggendtee met Eleni Melirrytos van die Omonia-gemeente in Athene: 7 Februarie
Alexander en Eleni Melirrytos van die Omonia Christen Gemeente in Athene besoek Suid-Afrika van 30 Januarie tot 10 Februarie. Die Omonia-bediening bied al die afgelope vyf jaar hulp en ondersteuning aan vlugtelinge uit hoofsaaklik Sirië, Irak en Afghanistan, en sien om na vlugtelinge se fisieke én geestelike welstand.

Gemeentelede word genooi na ’n spesiale oggendgeleentheid op Vrydag, 7 Februarie, om 10:00 in die Tent waar Eleni hul storie en ’n stukkie van haar hart sal deel. Geen koste verbonde nie, maar daar sal ’n geleentheid wees om op die oggend ’n donasie aan die projek te maak. RSVP asseblief voor of op Dinsdag, 4 Februarie, by kerkkantoor (021-851 5582 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.) sodat ons getalle kan bevestig.

Top