Vir ons WINE&DINE in styl op 15 November gaan een van ons lidmate, Anita Streicher vir ons 'n prettige blindproe-kompetisie aanbied. Sy is die kaptein van Team SA – die ‘Springbok’ wynproe-span wat onlangs in Frankryk aan die ‘World Blind Wine Championships’ deelgeneem het. Die kompetisie vind jaarliks plaas in ‘n gesogte wynarea van Frankryk, hierdie jaar se kompetisie was in die Loire Vallei en die jaar het hulle teen 27 ander lande meegeding en die 12’de plek behaal.

Moenie hierdie geleentheid misloop nie. Koop asb kaartjies teen 11 November by die kerkkantoor of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. teen R300pp (3-gang maal met De Grendel wyn ingesluit). Charles Hopkins van De Grendel is ons gasheer vir die aand.

Top