Vir ons Wine&Dine in styl op 15 November het ons Charles Hopkins van De Grendel wyne, as ons gasheer vir die aand. Hy is by De Grendel sedert die eerste wyne gemaak is. Sir David Graaff het hom destyds die geleentheid gebied om die wynmaker van die nuwe Estate te wees en die nuwe wynkelder te ontwerp en ontwikkel. Charles is een van SA se hoogs aangeskrewe wynmakers en ‘n lid van die Cape Winemakers Guild. Hy is passievol oor wynmaak en ons sien uit na die aand saam met hom.

Dit behels ‘n driegang “food and wine pairing” met De Grendel wyne, blind-proe kompetisie vir ‘n bietjie pret en goeie musiek. Drag: Smart casual. Kaartjies voor 11 November by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. teen R300pp. Moenie dit mis nie.

Top