In ons gejaagde lewens is dit al selfs vir kinders iets ongewoon om te ontspan en niks te doen en net te speel en kind te wees.

Op Vrydag 25 Oktober het 40 opgewonde graad 1 – 3 kinders hier aangekom vir die jaarlikse oorslaap! Dit was hope pret, lekker speletjies speel, pizza eet en saam gesels en lag. Dankie Tannie Antoinette wat vir ons kom herinner het wat ons moet saamdra in ons lewensrugsak sodat ons nie swaar hoef te dra aan onnodige dinge wat God elke dag vir ons dra nie.

Natuurlik is 'n oorslaap nie 'n oorslaap sonder fliek kyk nie en het ons heerlik saam gekyk tot Klaas Vakie ons oorval het. Dankie aan ‘n wonderlike span wat gehelp het om dit saam hope pret te maak.

Top