Sondag, 27 Oktober
In ons avontuurreis in die beloofde land, reis ons hierdie Sondag tot in Josua 7. Die volk van die Here het ‘n oorwinning behaal en die beloofde land is vir hulle gegee. Hulle het gesien hoe magtig God is, hulle beleef hom as God by hulle. Daar is nog net 'n klein weermag wat in hulle pad staan, maar dit gaan maklik wees om hulle te verslaan. Hulle stuur drieduisend van hulle soldate om hierdie mense te gaan vernietig.

Dan gebeur die ondenkbare, hulle verloor. Vinnig word daar besef dat iets verkeerd is! Een van hulle wat God dien het begin om sy eie begeertes te voed. Sy keuses maak dat die beloofde land die beroofde land word. Voordat dit nie hanteer word nie, is daar nie hoop nie. Is dit moontlik dat ons vandag nog die beloofde land kan beroof? Dat ons gedrag kan veroorsaak dat die mense rondom ons nie die beloofde land beleef nie? Wat sou God se reaksie dan wees as dit wel die geval is.

Top