Van verskeie kante word ‘n mens net bewus van die omvang en gevolge van die huidige droogte in baie dele van ons land. Dit is so oorweldigend dat ‘n mens eintlik nie weet waar om te begin om iets daaraan te doen nie. Natuurlik kan ons bid, werklik omgee en waar ons ookal kan help, help. Helderberg Uitreik se Rampverligtingprojek is besig om bederfpakkies vir 50 koshuisleerders uit die droogte-geteisterde boeregemeenskappe in skole in die Paarl en Wellington te ondersteun. Kliek hier as jy ook wil help met hierdie projek, daar is 29 seuns en 21 meisies.

Top