Musica Dei beywer hom vir die vestiging en ontwikkeling van klassieke musiek in die Boland. Deur fondse wat ingesamel word met die konsertreeks Klassieke Klanke word donasies aangewend vir die instandhouding van instrumente in 'nood', toekenning van musiekbeurse aan musiekstudente wat finansiële druk beleef en in 2020 ook die hoop om opvoeders in die omgewing opleiding te bied in die kunste en musieklesse in groepsverband aan te bied in skole waar dit ontbreek.

Tans is daar reeds twee uitreik kore deel van hierdie nie-winsgewende organisasie: Helderberg Cantare (Strand) en Canticum Novum (Stellenbosch) wat op gereelde basis die Goeie Boodskap gratis aan gehore uitdra.

Ons benodig dus die volgende:>>

* 'Ground staff' om ons te help tydens konserte met die regmaak van fasiliteite, verkoop van verversings en opruim van die Tent.
* Skenking van enige akoestiese instrumente om aan behoeftige leerders te gee wat musiekles ontvang, maar aan 'n eie instrument ontbreek.
* Fondse om te gebruik vir die toekenning van beurse aan jong musici wat voltyds musiekonderrig ontvang, wat bo-gemiddeld presteer, wat reeds 2 of meer jaar musiekles neem, 'n goeie prestasie rekord toon en pligsgetrou werk. Musiekonderwysers doen namens hulle leerders vir hierdie eenmalige beursuitbetaling aansoek.
* Musiekonderwysers om in groepsverband klasse in teorie, blokfluit en kitaar aan te bied.

Ons konsertreeks sou ook kon baat vind met die skenking of leen van 'n vleuelklavier in goeie toestand vir die gebruik deur uitvoerende pianiste tydens konserte. Siende dat Helderberg Gemeente die gasheer speel vir alle konserte, sal die klavier ook 'n tuiste vind op die liturgiese ruim.

Om meer uit te vind van hierdie projek, of om daarby betrokke te raak, kontak gerus vir Yolanda Botha by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of besoek ons Facebook blad, Klassieke Klanke.

 

Top