Om eksamen te skryf is moeilik, maar om dit as ’n koshuiskind sonder ’n bederfpakkie van die huis af te doen, is nog moeiliker.

Helderberg Uitreik se Rampverligtingprojek werk saam met die Jak127-organisasie wat altesaam 50 koshuisleerders uit droogte-geteisterde boeregemeenskappe in skole in die Paarl en Wellington ondersteun. Daar is tans 29 seuns en 21 meisies.

Ons wil graag vir hierdie leerders elkeen ’n eksamenbederfboks met die volgende items saamstel:
Eetgoed: ’n boks beskuit, ’n pakkie koekies, kondensmelk, cappuccino-sakkies, Energade-sakkies, warmsjokolade-sakkies, sjokolade, droë vrugte
Toiletware vir seuns: 3-1-stortseep, tandepasta, tandeborsel, skeerroom, skeermes
Toiletware vir meisies: sanitêre produkte, stortseep, tandepasta, tandeborsel, 2-1-sjampoe, skeermes, lyfroom

Gemeentelede is welkom om van hierdie produkte by die kerkkantoor af te laai sodat ons die pakkies kan saamstel. Indien enigiemand graag ’n volledige pakkie wil saamstel, is hulle ook welkom. Kontak Pia Nänny en dui asseblief aan of dit vir ’n seun of ’n meisie sal wees. Laastens kan gemeentelede ook ’n bydrae in Helderberg Uitreik se rekening betaal met die beskrywing: Bederfboks.
Bederfbokse word op 29 Oktober oorhandig.

Top