Om ‘n Bybel in ‘n persoon se hand te kan plaas bly een van die grootste geskenke wat ons as Christene vir ander kan gee. Vir die Gideons is die roeping daar om getuie te kan lewer oor God se werk en sodoende Sy Koninkryk so te kan verkondig deur die plasing van die Woord.

Die lede van die Gideons is mense wat uit die alledaagse handel en wandel van die gemeenskap kom en nie een van ons het die gawe en talente ontvang om voor groot skares te kan preek nie, maar ons het wel die voete en hande gekry om te arbei vir God se Koninkryk. Daarom is dit vir ons ‘n geweldige voorreg om ‘n Bybeltjie in ‘n Graad 8 leerling se hand te sit, om in ‘n tronksel in te stap en te gaan bid vir mense wat werklik die hulp nodig het en om daardie Bybel in ‘n spreekkamer of hotellaai te los met die wete dat God ‘n plan het met die Woord op die regte tyd en vir die regte persoon.>>

Ons gee ook persoonlike werkers testament (Bybels wat ons self aankoop) as deel van ons getuie en hierdie werk doen ons saam met ons vrouens en hulpgroeplede.

Vir ons is die kerk ‘n bymekaarkomplek wat bevestig dat die Woord in praktyk ook toegepas kan word en ons kompeteer nie teen die kerk vir siele nie, maar beskou ons die werk wat ons verrig as ‘n verlegging van die Kerk gemeenskap tot in die strate en kantore van ons skole, spreek-kamers, ouetehuise en hospitale.

As een van ‘n klein handjievol Gideons lidlande is die Gideons in Suid-Afrika maar een van die weinige wat genoeg eie fondse genereer en
daarvoor wil ons die kerke bedank en aan God die eer gee.

Kontak in Helderberg-area:
Charlie Meyer
082 859 8945
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Top