Daar heers altyd groot opgewondenheid as plaaslike musici hulle jaarlikse Oktober saamtrek by Helderberg Gemeente hou om te begin oefen en afrond aan die Klassieke Klanke konsertprogram wat deur die Uitreikprojek: Musica Dei aangebied word.

Hierdie is die vyfde agtereenvolgende jaar wat musiekdirekteur en stigter, Yolanda Botha, hierdie taak aanpak.“Wat is lekkerder as om saam musiek te maak en dit nog vir ‘n goeie doel? Dit is ook wonderlik om te sien hoe ons orkes en koor van jaar tot jaar groter word en spelers se musiekvaardighede ontwikkel.”
Hierdie jaar se program bied werke van o.a. Jenkins, Purcell, Holst en Warlock en sluit instrumente soos die hobo, harp, tromboon en keteltromme in – ‘n eerste vir die Klassieke Klanke orkes!

Hoogtepunte op die program is Mozart se Laudate Dominum en die Pié Jesu uit Fauré se Requim, waar operasangeres Shirley Sutherland die sangsolo’s lewer. Die beroemde konsertpianis, Bennie van Eeden, tree ook saam met die simfonieorkes op met twee van die mooiste stadige bewegings uit klavierkonserte van Chopin en Shostakovich.>>

Drie kore uit die Boland neem aan die program deel: Canticum Novum van Stellenbosch, Helderberg Cantare van die Strand en die Helderberg Kantory. Die konsert is gratis en ons nooi graag jonk en oud om die geleentheid te kom geniet. Enige donasies wat ontvang word, word aangewend vir o.a. musiekopvoedkunde, studiebeurse en musiekwerkswinkels waarvan klassieke musiek die basis vorm.

Kom en luister gerus saam en geniet ‘n namiddag vol lieflike musiek op Sondag, 13 Oktober om 16:00 by Helderberg Gemeente.

Vir verdere inligting rakende die konsert of konsertreeks, of om deel te word van hierdie projek, kontak gerus die musiekdirekteur Yolanda Botha op Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of besoek hulle webblad: www.helderbergconcerts.business.site.

Top