Vrydag 11 Oktober – Sondag 13 Oktober
Ons vier Helderberg Gemeente se 50’ste verjaarsdag oor die naweek van 12-13 Oktober. Nooi asseblief alle oud-Helderbergers, nuwe Helderbergers, toekomstige Helderbergers en natuurlik die huidige Helderbergers na hierdie feesviering.

Die Makietie begin al Vrydagmiddag om 14:00 met ‘n verskeidenheid stalletjies. 

Die Vrydagaand is daar vanaf 18:00 ʼn gemeentebraai met heerlike musiek. Om dit maklik te maak, sal daar braaipakkies te koop wees van Douvoordag slaghuis (Merweville) – bring net jou eie piekniekmandjie met eetgerei en bykosse. Vir die wat nie wil braai nie en net saamkuier, is daar ‘n verskeidenheid kosstalletjies.

Die Saterdag hou ons verder makietie met stalletjies soos Kinderkarnaval, Poedinghemel, Die Bakkery, Boekeparadys en natuurlik ons gewilde wit olifanttafel. Daar is iets vir almal!

Sondag het ons nagmaal by die dienste en dan om 16:00 sluit ons die naweek af met die gewilde gratis Klassieke Klanke Konsert in die kerk.

Kom kuier lekker saam met ons oor die naweek en bring familie en vriende saam.

Top