Ons benodig nog die volgende produkte vir die kerkkas stalletjies:
- Poedinghemel: poedingbydraes – enigiets is welkom, gebakte poeding, vla, jellie, roomys en sjokoladesous, ook bestandele. Kontak Anna Albertyn by 083 347 9648.
- Die Bakkery: Enige gebak is welkom – selfgemaak of gekoop. Koeke, terte, kolwyntjies, kleinkoekies, beskuit en dies meer. Dit is mos ‘n tradisie by enige basaar. Kontak Meagin van der Westhuizen by 071 354 0509
- Wit Olifante: Enige iets in jou huis waarvoor jy nie meer plek of nut het nie kan ‘n tuiste by iemand anders kry. Groot of klein items, enigiets kan gebruik word. Kontak Maatjie Botha by 082 619 9040 of gee sommer af hier by die kerkkantoor.
- Boekeparadys: Enige boeke veral storieboeke, CD’s, DVD’s, legkaarte of bordspeletjies is welkom. Kontak Annette Gerber by 082 545 7718

Jy kan dit asseblief afgee by die kerkkantoor duidelik gemerk vir watter stalletjie. Ons benodig ook mense wat by die stalletjies sal help Vrydagmiddag en -aand, asook Saterdag deur die dag.

Vir enige ander navrae kontak Corneille 

Top