Na meer as 32 jaar by Helderberg Gemeente gaan Breda sy bediening hier afsluit. Sy afskeidsdiens gaan op Sondag 20 Oktober by die klassieke, informele en aanddiens wees. Daar sal dan geen meditatiewe dienste wees nie. Na die klassieke en informele diens is daar 'n kuiergeleentheid in die Tent. Daar sal ook ‘n bring-en-braai vanaf 11:30 saam met Breda en Francé wees. Diegene wat saam met hulle om die braaivleis vuur wil kuier, kan hul name by die kerkkantoor ingee sodat ons die bykosse kan beplan.

Top