Dankie, Helderberg Gemeente
Julle geweldige ondersteuning en saamstap gee die Hemel-op-Aarde projek vlerke. Dankie aan elkeen wat bydra - julle is kosbaar vir ons en help ons om ons Remediërende Intervensieprogram gratis aan 1 770 voorskoolse leerders uit bitter moeilike omstandighede te bied. Saam help julle ons om vir die leerdertjies ‘n stewige akademiese fondasie te lê en om God se Woord aan hulle te bring. Julle help om vir hulle ‘n beter toekoms moontlik te maak.

Die Hemel-op-Aarde Projek is reeds by 31 skole en crèches in die Wes-Kaap (Helderbergkom, Grabouw, Kylemore, Franschhoek en die Kaapse Vlaktes) geïmplementeer. Ons lei vanjaar 56 onderwysers in hierdie skole op om die program in hulle eie klasse aan te bied.

Opleiding, kwaliteitskontrole en meting is baie belangrike elemente in die struktuur van die Hemel-op-Aarde program. In Jakarta word ons program op presies
dieselfde wyse uitgerol, nadat pastoor Yusup Lifire en sy vrou, Warni, verlede jaar al die pad uit Indonesië gekom het vir opleiding.

Vier skooltjies daar gebruik reeds die program en ons is ontsaglik opgewonde oor die nuus dat die Lifire’s nou ook die program na Bandun (so 100km van Jakarta) neem. Binnekort begin ons ook met ‘n aanlyn opleidingsprogram.Lees meer by www.hoep.org.za

Koördineerder:
Sunette Erasmus

Projekleier:
Anton van Geest

Top