Het jy wit olifante?
Ons is op soek na enige wit olifante in jou huis vir die Lentemakietie ook enige boeke, DVD’s, musiek, legkaarte en dies meer. Merk dit asseblief duidelik vir die makietie en gee dit af by Ontvangs.
Navrae Corneille 

Soek ʼn boek?
Ons beplan ‘n lekker boekverkoping tydens die Lentemakietie, maar dan het ons boeke nodig. Lekker baie boeke! En dis waar jy kan help. Gaan staan voor jou boekrak en haal alle boeke uit wat jy nie weer gaan lees nie en bring dit asseblief kerkkantoor toe. Ons soek lekker leesboeke wat ander ook sal wil lees, dalk ‘n kookboek of tuinboek wat nie meer gebruik word nie, letterlik enige boek op jou rak of koffietafel wat jyself nie sou omgee om aan te skaf nie.

Kortom; Enige boek wat nog in ‘n goeie toestand is, Afrikaans of Engels. Alle fondse van die Boekeparadys is ten bate van die kerkkas

Kontak Annette Gerber by 082 545 7718

Top