Klassieke kitaarspelers van die Departement Musiek, Universiteit Stellenbosch, kom weereens om Helderberg se gehore te betower met hulle kitaarspel.

Hierdie unieke kitaar konsert vorm deel van die Klassieke Klanke konsertreeks, wat aangebied word deur die Helderberg Uitreikprojek Musica Dei. Hierdie jaar se
program lewer opwindende komposisies van Dyens, Villa-Lobos, Vivaldi, Tarréga en York. Te oordeel aan vorige jare, beloof hierdie ‘n uiters genotvolle middag te wees.

Die konsert begin om 15:00 op Sondag, 11 Augustus en vind by Helderberg Gemeente plaas. Verversings word voor en na afloop van die konsert verkoop.

Kom geniet ‘n heerlike saamkuier geleentheid en ontmoet terselfdertyd ander klassieke musiekliefhebbers. Alle Klassieke Klanke konserte is gratis, maar donasies vir die verdere ontwikkeling van klassieke musiek en plaaslike talent word waardeer. Geen besprekings is nodig.

Vir enige verdere inligting, kontak gerus die musiekdirekteur, Yolanda Botha, by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of gaan besoek ons webtuiste www.helderbergconcerts.business.site of ons Facebookblad Klassieke Klanke.

Top