3 maande in Phuket
Die Phuket Kinderprojek van Helderberg Uitreik benodig ‘n ervare, opgeleide kleuterskoolonderwyseres om personeel by die Asia Center Foundation op te lei. Die termyn is 3 maande.

Vereistes is soos volg:>>

- Formele kleuterskool opleiding.
- Ervare onderwyseres wat gemaklik kruiskultureel kan werk met kinders uit moeilik omstandighede.
- Gemaklik om opleiding in Engels te doen met ‘n tolk na Thai.
- Opleiding in klaskamerbeheer, dissipline, les-beplanning, identifisering van leerprobleme, ens.
- 'n Warm, uitgaande persoonlikheid en belangstelling om ander op te lei en te ontwikkel.
- Oor bestuurservaring beskik en goed kan beplan.
- Die Asia Center Foundation is gebou op Christelike waardes en dit is dus vir hulle belangrik dat die persoon ‘n Christen sal wees.

Belangstellendes kan asb teen 10 Augustus hulle verkorte CV met verwysings stuur aan Louise Theron by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. en beskikbaar wees vir gesprekke met die Direkteur van Asia Center Foundation, Roelien Muller die middag van 15 Augustus 2019.
Navrae by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. Lees meer oor die werk van die Foundation by https://www.asiacenterfoundation.org/

Top