Hier gee ons om vir mense en kinders wat die pynlike pad stap van rou, egskeiding en die uitdagings van enkelouerskap. Ons kom bymekaar op Donderdae vanaf 18 Julie om 18:00 – 20:00.

Wat sê mense oor die programme:

“Single & Parenting is die familie wat ek gevind het en waar ek werklik tuis voel. Hulle was my skouer om op te huil, my bemoediging, ‘n oor om na my te luister en my raadgewers. Dit is so inspirerend en leersaam dat ek dit drie keer gedoen het. Ek kon nie wag vir Donderdae nie en het elke week so daarna uitgesien. Sonder S&P sou ek nie hier gewees het vandag nie. Dankie vir elke engel wat op my pad gestuur was.”>>

“Divorce Care en later Single & Parenting het my laat besef dat daar nog mense is wat soos ek is en wat daagliks deur dieselfde tekortkominge gaan as ek. Dat dit waardeur ek gaan normaal is en dat ek okay gaan wees. Ek stap my lewenspad nie alleen nie, maar doen dit met God se genade en liefde. Met die belofte dat ek goed genoeg is en ook uniek is in Sy oë en dat die slegte tyding nodig is om my voor te berei vir wat Hy my wil gebruik. Dat vergifnis my vry maak van die boeie van verwyt en kwaad teenoor die persone wat my kwaad aandoen. Ek het geleer om op te staan vir myself, my tekortkominge raak te sien en die beste daarvan te maak. Dis 'n plek waar mede-gelowiges, met dieselfde uitdagings, ware hartsvriende raak en saam planne maak om kop bo water te hou; mekaar ondersteun en mekaar se 'cheer leaders' is en mekaar aanmoedig om ons kinders met liefde en God se waardes groot te maak. Harmony Projek skep 'n veilige plek van aanvaarding en om jouself te wees sonder enige pretensie.”

My name is Chantal Montjies. I have a 9 year old son. My beloved husband passed away 3 and a half years ago. He had a fatal heart attack. As I didn't wanted to see a phycologist, I trusted and prayed to God to lead the way for my healing. I attended a parenting seminar at NG Helderberg where I heard of Griefshare. Griefshare has helped me tremendously and I have made good friends. The support, caring and encouragement from everyone is just the best. The program was a big help as well and taught me to talk about my grief. My son also love being here. Currently I am doing Single & Parenting which I love. Thanks to Griefshare, the rest of the Harmony helpers and with God at our side me and my son can now look to the future. Thank you God for sending me to Griefshare. God bless you all.”

Hoe kan jy help?
Ons sluit elke reeks af deur vir elkeen ‘n bederfpakkie te gee met eetgoedjies om die vakansiedruk te verlig en ietsie spesiaals in elke pakkie. Ons benodig bydraes soos koekies, beskuit, hot chocolate, winkel koopbewyse, klein geskenkies soos grimeer “samples” of enige “stocking ” vuller waarmee ons hul kan bederf.  Bydraes kan afgegee word by die kerkkantoor – gemerk vir Harmonie.

Projekleier: Annette Botha

 

 

 

 

 

Top