Dit is Breda Ludik se wens om sy bediening na aftrede voort te sit. Hy het met die oog daarop met die Church of Scotland begin onderhandel. Hy was daar vir ‘n kursus en evaluering en hulle het hom laat weet dat hulle baie graag aan hom die geleentheid wil gee om sy bediening daar te kom voortsit, wat in ons terme beteken dat hy ‘n beroep daarheen ontvang het. Ons is baie dankbaar vir Breda, maar besef ook dat hy ‘n paar groot besluite in die volgende paar dae sal moet neem. Ons dink aan hom en bid vir hom vir groot wysheid.

Top