Nuwe leier by Aanbidding
Dit is vir my kosbaar om deel te wees van ‘n gemeente wat so groot verskeidenheid van aksies het waarvan gemeentelede kan deel word nl omgeegroepe, uitreikaksies en al die ander bedieninge.

Aanbidding lê my na aan die hart en dit is soveel meer as net musiek! Ek wil graag saam met die aanbiddingspan ‘n ruimte skep vir gemeentelede om ‘n ontmoeting met die Here te kan beleef. Of dit nou tydens ‘n preek is of deel vorm van Lydenstyd of ander spesiale geleenthede in die kerkjaar. Die aanbiddingspan is ‘n kreatiewe klompie mense met ‘n brandende passie vir die Here en hope energie!

Oor haar gesin:
Ons wil graag vir ons kinders leer dat ons ‘n liefdevolle Vader dien. Sekere konsepte is maar nog moeilik vir ‘n 3-jarige, maar hy weet die Here is baie lief vir Hom en hy geniet sy doopdag viering met oorgawe. Al gaan dit op hierdie stadium grotendeels oor die kersie blaas.

Ek is getroud met Johann en ons het twee kinders, Daniël (3) en Anina (7 maande).  Ek is ‘n Grondslagfase onderwyseres, maar geniet dit tans om tuis te wees by ons kinders. Teater was nog altyd hoog op my lysie en al kry ons tans nie baie tyd daarvoor nie is dit steeds heerlik om dan en wan ‘n vertoning te gaan bywoon in Artscape. Ek geniet oefening en bied Zumba en BalletRIP klasse aan wat ook die kultuurtenkie vul.

Top