Korttermyn-uitreik na vlugtelinge in Athene
3-18 Oktober 2019
Met ongelooflike passie en onbaatsugtige liefde bied die Omonia-bediening in Athene al die afgelope vier jaar hulp en ondersteuning aan vlugtelinge uit hoofsaaklik Sirië, Irak en Afghanistan. Met hul holistiese benadering sien die baanbrekersegpaar Alexander en Eleni Melirrytou om na vlugtelinge se fisieke én geestelike welstand. Hulle word bygestaan deur ’n span langtermyn-vrywilligers wat op eie onkoste in Athene woon en by Omonia diens doen.>>

Helderberg Uitreik se Omonia-projek ondersteun hierdie bediening sedert 2017 op verskeie maniere en het al twee korttermyn-uitreikspanne na Athene gestuur. ’n Derde korttermyn-uitreik word vir 3-18 Oktober 2019 beplan.

“I hope last year’s team remember what great difference they made and how much their presence encouraged us and helped us continue. I hope and pray that God will open new hearts to receive blessings and to support God’s ministry at OMONIA,” skryf Eleni dié week.

Die Omonia-span sal ’n behoefte hê aan mense wat bereid sal wees om met die Engelse klasse en die kinderbediening te help. Die span se doel is egter altyd om gapings te vul en te dien soos op die gegewe tydstip nodig is.

Indien jy belangstel of meer inligting oor die uitreik of die bediening wil hê, stuur asseblief ’n e-pos aan projekleier Pia Nänny

Top