Kom geniet saam met ons ‘n heerlike Hemelvaartfees op Donderdag 30 Mei. Dit gaan ‘n lekker feesgeleentheid waar ons vanaf 17:00 en na die diens heerlik saam kuier rondom ‘n verskeidenheid kosstalletjies. Die aand gaan daar om 19:00 ‘n musiek en lofprysingsaand vir die hele gesin in die kerk wees.

Soos gebruiklik gaan ons ook elke aand tydens Pinksterweek (Sondag 2 – Donderdag 6 Junie) eetgoed voor en na diens verkoop. En hierdie keer verseker ons julle, dat daar genoeg vir almal sal wees en dat niemand honger huis toe gaan nie.

Beide geleenthede is die ideale kans vir Uitreik-projekte en bedieninge om fondse in te samel. Dit kan enigiets wees soos roosterkoek, pannekoek, vetkoek, muffins of iets soets. Kontak my so gou moontlik indien julle ‘n kosstalletjie wil behartig of met die praktiese reëlings wil help.

Kom ons vat hande om van hierdie geleentheid ‘n ware gemeentefees te maak waar ons lekker saam kuier!

Kontakpersoon: Corneille Barnard – Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Top